Soos dit maar so dikwels met keurders gaan, het dit vier jaar geduur voor hy raakgesien is, maar ʼn “rugbyspelende” skaap het Nieu-Seeland nou aan die gons.
Daar word selfs geskerts dat die All Blacks dalk die perfekte speler vir die volgende toernooi om die Wêreldbeker gevind het.
ʼn Moedswillige kommentator merk op dat hy beter as die meeste Australiese rugbyspelers is.
Tuscany MacDonald van Rotorua het die video, op sowat twee weke na, vier jaar gelede op YouTube geplaas, maar iemand het dit nou raakgesien, en dit versprei skielik soos ʼn veldbrand op die sosiale media.
Die videovolgreeks toon Tuscany se ma, Maree, wat ʼn rugbybal vir die mak skaap Bruce gooi, wat dit met sy kop terugstamp.
Haha even hulle skape speel rugby :) passop Lions
Vergeet van die bok span, hy gaan beslis die skaap span haal.
Nee man, hy is n sokker-speler. Gee die ou n ronde bal.