In vandag se gejaagde lewe is daar min dinge wat so lekker is om na te kyk as ʼn kind wat hartlik vermaak word deur iets eenvoudig.
In dié video kyk ʼn baba verstom hoe sy ouer boetie ʼn “toertjie” doen deur ʼn stukkie toiletpapier te laat “verdwyn”.
Die baba se reaksie is te kostelik, en ons waarborg jou jy gaan self die reaksie oor en oor wil kyk.
Die video is deur die gebruiker Kyoot Kids op YouTube gelaai.
Pa se kinners, tog te oulik! En hy druk nog self die papier in – en weg is dit!
Te dierbaar vir woorde – skoon, goeie vermaak in ons deurmekaar wereld. Baie lekker om daarna te kyk. Oulike boetie – knap gedaan.
Dit is te pragtig om te sien hou verbaas die outjie is wanneer die papier verdwyn. sy Boetie moet baie life wees vir hom