Sommige persone dink dit is “onmenslik” om muisvalletjies op te stel, maar wat sou gebeur as jy die muise ongedeerd later weer kon vrylaat? Die kulkunstenaar en poetsbakker Michael Carbonaro het met ʼn idee vorendag gekom.
ʼn Niksvermoedende man word in dié video om die bos gelei wanneer Carbonaro vir hom probeer verduidelik dat daar splinternuwe tegnologie bestaan om van muise “ontslae” te raak.
weereens puik veral die ruimte nuus en die akkedis dankie hou so aan!