Frostie, ʼn sneeubokkie van Edgar’s Mission in Australië, het ʼn splinternuwe loopraam gekry wat hom uiteindelik nou vryheid bied om rond te beweeg.
Frostie kon vroeër nie loop nie weens ʼn siekte wat hy net ná sy geboorte opgedoen het. Hy was oortrek met luise toe hy uiteindelik in Edgar’s Mission, ʼn nie-winsgewende dierebeskermingsvereniging in Victoria, Australië, se sorg beland het. Hy was glo ook erg gedehidreer. Boonop ly Frostie aan ʼn gewrigsiekte wat hom verhinder het om sy agterbene te gebruik. Jong kalfies en lammers word deur dié gewrigsiekte aangetas wanneer ʼn infeksie deur die naelstring in hul bloedstroom beland.
Hy het nou egter dié loopraam om seker te maak dat hy in beweging bly om van al die bakterieë ontslae te raak. Dit is nie duidelik of Frostie ooit self sal kan loop nie. Klik hier om meer te lees.