ʼn Man is Vrydag dood toe ʼn trein hom by Florida-stasie, wes van Johannesburg, getref het.
Lees meerAlles vir Vrydag 23 Mei 2014
Zim-boere geskok oor plaasaanval
ʼn Groep van hoofsaaklik wit boere in Zimbabwe betreur die afsterwe van Malcolm Francis en sy dogter Catherine, wat in ʼn plaasaanval vermoor is.
Foto’s: Vermeende dwelmhandelaar vasgetrek
ʼn 33-jarige man is Vrydag in Malvern, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel.
“Sing solank jou begrafnislied”
ʼn Landdros in Mpumalanga het aan ʼn man, wat ʼn aantal aanklagte in die gesig staar, gewaarsku dat hy solank sy begrafnislied moet sing, aangesien hy op pad is na sy einde.
Nuwe video van SA-toerisme maak jou trots
SA Toerisme het Donderdag ‘n nuwe bemarkingsvideo op YouTube gelaai wat enige Suid-Afrikaner trots kan laat voel op ons land. Die video het boonop aan die einde ‘n kinkel in die kabel wat jou twee keer laat dink.
Video: “Ons moet ons eie kos produseer”
Suid-Afrikaanse abattoirs en rooivleisprodusente gaan voortaan selfs strenger maatreëls moet toepas om veilige produkte aan verbruikers te verseker.
Video: Hou SA dop vir ‘n wen!
Suid-Afrika speel vandeesweek gasheer vir die eerste Wêreldbeker van gestremde gholf. En dit kan dalk net ‘n plaaslike speler wees wat verseker die beker bly net hier.
Solidariteit kap staat en Amcu oor humanitêre krisis
Die vakbond Solidariteit het die staat en die vakbond Amcu vandag gekritiseer omdat hulle weinig doen om die humanitêre krisis wat deur die Amcu-staking veroorsaak word, te verlig. Duisende mense wat nie eers aan die staking deelneem nie is tans in die Rustenburg-omgewing verarm as gevolg van die geveg tussen die mynhuise en Amcu.
Twee in hof oor Kaapstad-ma se moord
Twee mans wat van die moord op die Kaapse vermaaklikheidskunstenaar, Rosemary Theron beskuldig word, het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn. Theron se dogter is reeds tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir haar moord.
SA’ners gewaarsku oor Thailand
Die departement van internasionale betrekkinge het Vrydag Suid-Afrikaanse burgers in Thailand versoek om weg te bly van enige protesoptogte in dié land.
Minister ontken besluit oor e-tol in KZN
Die ministerie van vervoer het Vrydag gesê geen besluit is nog geneem oor die e-tolstelsel in KwaZulu-Natal nie.
Pongola-ongeluk eis drie kinders
Drie kinders is Vrydagoggend dood en 14 beseer tydens ʼn ongeluk op die N2 in Pongola, KwaZulu-Natal tussen ʼn suikerrietvragmotor en ʼn minibus.
Video: Nuwe wiele vir boklammetjie
Frostie, ʼn sneeubokkie van Edgar’s Mission in Australië, het ʼn splinternuwe loopraam gekry wat hom uiteindelik nou vryheid bied om rond te beweeg.
Foto’s en video: Helpende Hand help net nie-stakers in platinumgordel
Solidariteit Helpende Hand sê sy uitdeelaksies in Rustenburg gaan voortaan streng gemonitor word om te verseker dat slegs nie-stakende mynwerkers skenkings ontvang.
Heyns-moord: Drie in hof
Drie mans wat glo betrokke was by die moord op die pediater prof. Louis Heyns, het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.
Nuuskommentaar: Thaise staatsgreep het lang aanloop
Die staatsgreep in Thailand word wêreldwyd deur politici veroordeel, maar analiste is minder krities, en sommiges meen selfs dat die staatsgreep die enigste hoop op ‘n uitweg uit die gewelddadige politieke dooiepunt in die land bied.
Vrou in botsing en toe deur taxi omgery
‘n Jong vrou is in ‘n kritieke toestand nadat sy Vrydagoggend deur ‘n taxi omgery en meters ver gesleep is in Benoni aan die Oos-Rand.
Skoolseun geskors oor hy glo meisies betas
‘n Skoolseun van Orange Farm gaan geskors word weens bewerings dat hy sewe skoolmeisies seksueel aangerand het, het die departement van onderwys Vrydag gesê.
Woord: luttel
Woorde val soms in onbruik in Afrikaans. Een van dié woorde is “luttel”: lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Amplats veroordeel moord op myner
Anglo American Platinum (Amplats) het die moord op een van sy werknemers ten sterkste veroordeel.