WAT Woord van die Week: kritikaster

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
kritikaster

Betekenis:
Onbevoegde, onbillike of vitterige kritikus: ‘n Kritikus wat ‘n muggie-uitsifter, ‘n onbillike en vitterige resensent blyk te wees, word tereg ‘n kritikaster genoem wat in die geheel eintlik geen kritiek beoefen nie (Unie, Jan. 1974, 271). Vondel het soms ook ‘n protes laat hoor teen kritikasters. Hy kon nie verdra dat poësie, wat hy so hoogstel, deur onkundige beoordelaars wat nie met die grondbeginsels van die kuns vertroud is nie, aangevat word nie (M.S.B. Kritzinger in N. Brandw., Nov. 1929, 304).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.