Staan op vir ons jongmense, ons taal en ons toekoms

Flip-Buys

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: Reint Dykema.

Hoe het ons hier beland? Wat het van die basiese beginsels van geregtigheid geword? Wat beteken die grondwetlike reg op Afrikaanse onderrig as dit deur politieke entrepreneurs gesaboteer word? Hoe kan rassistiese aktiviste toegelaat word om onder mooi klinkende vaandels soos “transformasie” en “toegang” hul rasse-agenda deur te druk?

Kan dit wees dat ’n minister, die opposisie en die rektor van ’n vooraanstaande universiteit ’n ooglopende propagandavideo sonder meer as die waarheid aanvaar, Afrikanerstudente sonder verhoor skuldig bevind en hulle straf deur hul toegang tot studiekanse deur verskerpte rasseteikens te beperk? En dit dan nog in die naam van anti-rassisme! Om sout in die wonde te vryf, belowe ’n minister skynheilig om die universiteit te “beskerm” solank hulle “transformeer”, met ander woorde hulle sal beskerm word solank hulle taalselfmoord pleeg om te keer dat hul taal vermoor word!

Net langsaan op Elsenburg is die spektakel beleef toe rassistiese boewe studente met sambokke aanval, kwansuis oor Afrikaans. In hierdie geval het die DA en die VF+ dit veroordeel en kry die studente praktiese steun van AfriForum Jeug. Moet julle nie bluf oor wat hier aangaan en waar dit sal eindig as dit nie gekeer word nie. Hierdie mense is nie menseregte-aktiviste nie, maar fascistiese boewe wat ’n rasserewolusie en radikale vyandige oorname dryf.

Die Solidariteit Beweging sal alles moontlik doen om hierdie onregte teen te staan voordat dit soos kanker verder versprei en wêreldinstellings, wat oor ’n eeu opgebou is, totaal verwoes. Hierdie afbrekers moet in universiteitsrade en studenterade, op kampusse en in koshuise deur ouers en alumni, deur studente en almal wat ’n belang het by die voorsiening van hoër onderrig van gehalte en by Afrikaans as akademiese taal beveg word. Kom ons gebruik die regte “wapens” en metodes, woorde en argumente wat wye ondersteuning vir hierdie goeie saak verseker.

Lees ook: Tien redes waarom ons vir die Puk veg (en waarvoor ons nié veg nie)

Ons mag nie onsself in die voet skiet deur soos diegene te word teen wie ons “veg” nie. Moenie ons goeie saak met swak argumente kelder nie. Regse rassistiese argumente gaan die hele wêreld teen ons laat draai – ongeag die onregverdigheid en die rassistiese uitlokking, en gaan die ammunisie bied om ons kinders se studiekanse en ons taal te kelder.

Met deurdagte akademiese, grondwetlike, kulturele en politieke argumente, gesteun deur besliste optrede en die sterk ondersteuning van sterk organisasies en van alle redelike mense kan ons egter die knoop deurhak. Ons saak is reg.

* Hierdie meningstuk is oorspronklik op die Solidariteit Beweging se webwerf gepubliseer.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anton Le Roux ·

n Baie goeie vraag , hoe het ons hier beland. Hierdie vraag moet liewer aan almal wat destyds JA gestem het, gevra word.Toe ons wat NEE gestem het , as verkramp beskou was.
Ek se maar net.

Antoionette ·

Die wat JA gestem het sit nou oorsee en het ons gelos met die gemors. Ek ondersteun Solidariteit, maar ek bid werklik daar is genoeg mense wat kan opstaan vir reg en geregtigheid.

Jennie Smook ·

Anton. Daar is net een antwoord en did die JA stem soos jy sê.

HEVW ·

Anton, srem saam. Mens sukkel om hierdie bitter uit jou gestel te kry. Ek probeer veg daar teen. Nie altyd moontlik nie. Die wat ja gestem het sal ook seker teen die tyd besef dat die geskiedenis ongenaakbaar kan wees. Solidariteit ons waardeer jul insette en vertrou dit sal suksesvol kan wees. Baie van ons besef ons kan nie maar net se;” Solidarireit sal” nie. Die grootste deel van hierdie verantwoordelikheid le by die totale volk self wat grotendeels maar net saamdryf. Kan die kunstefeeste ook nie in hierdie stryd nog n groter bydra lewer nie?

Eliza-beth ·

Miskien kan mense bietjie beter probeer spel – dit kan al klaar help! Maar nee, laat mens nou iets noem oor swak taalgebruik en spelling dan spring almal in jou keel af maar kerm sal hulle kerm oor die taal se voortbestaan. Dis elkeen wat omgee vir Afrikaans en die voortbestaan daarvan, se plig om minstens te PROBEER reg spel. Ek praat nie van vingerfoute nie, dit kan met enigeen gebeur maar growwe liederlike swak spelling kry my onder. Elke liewe dag hier op Maroela. En omdat Maroela gratis is, behoort elkeen gereeld ‘n goeie Afrikaanse boek te koop – dis hoe mens jou ook taal ondersteun en laat groei!

Albert ·

Eliza-beth
Ek stem 100% met jou saam. ‘n Volk se belangrikste en kosbaarste kultuur “element” is sekerlik sy taal. Wat is nou makliker as om jou taal te gebruik deur dit net te praat waar jy nog die geleentheid het om te doen en selfs dit is ons nie eers bereid om te doen nie. Ons kan omtrent nie ‘n kans laat verby gaan om ons gretigheid om engels te praat te demonstreer nie. En waar ons nog die geleentheid het om ons taal te gebruik sal ons dit so verkrag en bevark met engelse woorde dat dit skaars afrikaans genoem kan word – want dit is mos die “in” ding om te doen en word jy eintlik snaaks aangekyk as jy ordentlike afrikaans praat.
Met so ‘n houding van n volk teenoor sy taal het ek min hoop vir sy voortbestaan want dit is vir my ‘n maatstaf van sy integriteit om sy eie te koester, en as ‘n volk se taal nie vir hom kosbaar is nie dan is hy bereid om enige iets eie aan sy volk op te offer terwille van wat ookal hetsy gewildheid, politieke korrektheid of die duiwel weet alleen waarvoor.
Dis niks minder as ‘n uiterste skande om te hoor hoe veral ons sangers gedurende geprekke op radio (Pretoria FM) afrikaans bevark en besmet met engelse uitdrukkings nie.
Ons moet maar eers voor ons eie deur vee wanneer ons die vraag vra: “Hoe het ons hier beland”.

Venesa ·

Hierdie is besig om my as n ouer baie bang my dogter is volgende jaar in graad 12 wat gaan van ons kinder word.Ons afrikaans sprekende kinders het nie n toekoms in die land nie.

Lank in die Land ·

Is net Solidariteit se argumente suiwer en deurdag? Is alle ander wat van julle verskil maar baie maal skerper en met meer insig en taalvaardigheid geskryf is rassisties omdat die ANC so sê?
Pasop om die Afrikaner se “Godfather” te word

VerVanRyn ·

Lank in die Land, as jy Flip Buys se skrywes gereeld lees sal jy agterkom hy sluit sy eie organisasie in by die vermanings en raad wat hy gee. Tot dusver het die Solidariteit Beweging gewys dat hulle binne die perke van die grondwet speel, maar diegene waarna Buys verwys doen nie. Hulle beskou dit as regverdig om geweld op te stook omdat die “ander span” dit doen. Die realiteit is dat wit regses baie ver onder swart liberaliste is op die voedselketting. So enige klein “oortreding” deur ‘n witman, of hy nou regs, verkramp of rassisties is of nie, word ‘n groot ding. Doen ‘n swartman dieselfde in die naam van liberalisme is hy ‘n held en ‘n bevryder. Dit is derhalwe belangrik dat die witman besef hy moet mooi loop anders gaan nie net sy eie liberale land nie, maar die hele liberale wêreld, hom aanvat.

Sarel Strydom ·

Tipies Afrikaner-blameer mekaar. ons moet die foute dalk by ons self soek. Nerens sien ek opmerkings dat ons ,soos ons voorvaders op ons kniee moet gaan en smeek om genade vir hierdie volk wat besig is om hulle God te verwerp. Geen redid ng sal p-laasvind sonder God nie.

david ras ·

Ai Flip, ten spyte van jou Militere Inligting agtergrond, besef jy nog steeds nie wie en wat ons vyand werklik is nie.
Mens moet maar altoos na die wereld geskiedenis kyk om die prentjie waarin jy staan beter te kan sien.
Ek wil jou tog aanraai om Paul Johnson se boek -“History of the modern world from 1918 to the Eighties ” te gaan lees.
Jy hoef nie die hele boek te lees nie, net hoofstukke 8, 9 en 10. Dit gaan oor die opkoms van Hitler , en die vergelyking met Josef Stalin.
Johnson is eenvan die voorste Historici en mens kan regtig ag slaan op sy observasies.
Net om hom meer in die SA konteks te plaas–hy was gladnie genadig op die Apartheids beleid nie!
Enkele aanhalings uit die boek–
“the lawlessless of Hitler’s Germany beneath a thin veneer of legal forms was absolute. As Goering put it, “the law and the will of the Fuhrer are one…..”
“there was a Hitler youth, Nazi school childrens league, Union of Nazi Lawyers, Student’s league, Nazi Teachers Association, Order of German Women, Nazi Physicians league and scores of other societies.”-sien jy die ooreenkoms met ons situasie ?
“Being a race-socialist as opposed to a class socialist, Hitler believed the dynamic of history was race”
Was dit nie Jimmy Manyi wat ‘n ruk gelede die dinamiek van die geskiedenis in byna dieselfde woorde beskryf het nie ?
Anton Alberts het ‘n paar dae gelede ook verwys na regstellende aksie se ooreenkoms met Hitler se filosofie
Alberts is die eerste politikus wat nou ook die ooglopende raaksien.

Soms kry ek die indruk dat mense Nazisme sien as beperk tot Jodehaat, terwyl dit baie wyer strek .
Jy vra hoe ons hier beland het ? Omdat ons denke deur een koerant groep gemanipuleer is en ja, omdat ons te lui geraak het om net bietjie uit ‘n ander hoek na dinge te kyk. Nee wat, die koerante en hulle “meningsvormers” was net te gerieflik.
Daarmee saam die NP se taktiek om enige teen argument op ‘n syspoor te kry met die woorde ” jy moenie so daarna kyk nie, jy moet SO daarna kyk !” Sonder om enige argument te weerle, word hulle stellings aanvaar as korrek.
Ek probeer nie swartmense verkleineer nie, maar as miljoene Duitsers mislei kon word deur ‘n ras gebaseerde sosialistiese beleid, waarom sou miljoene swartes imuun daarteen wees ? Dis tog welbekend dat onder hulle die idee bestaan dat ‘n swartmens nie ‘n rassis kan wees nie.!
Begin deur die EFF te beskou as SA se weergawe van Hitler se bruinhemde—-hulle metodes is presies dieselfde.
Die gevaar is baie groter as wat mense besef.

Frans ·

Kyk net is ook besig om al hoe meer engels toe te laat, veral die aktuele programme.Hoekom is dit dat sodra daar n persoon in van die sepies verskyn wat so genaamd n hoë posisie beklee of geleerd is moet die karakter nou juis engels wees. Indien daar met persone onderhoud gevoer word veral afrikaanssprekendes kan tog seker vie die persoon gevra word om te probeer om die engels te vermy. Afrikaans het mooi beskrywende woorde.

Bruno Stef ·

As n mens so getreiter word deur mense wat as woordvoerders optree van n duidelike herkenbare agenda en jy kan die skynheiligheid en vroomheid waarneem maak dit sommige van ons mense maar warm. Mens moet maar seker in sulke omstandighede n wag voor jou mond sit om nie vir lamsakke ammunisie te gee nie anders hak hulle weer vas Ver-Regs.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.