Toe Elizabeth Diamond verlede jaar Augustus met (fase 4-) breinkanker gediagnoseer is, het sy haar vriendin Laura Ruffino gevra om na haar kinders om te sien as sy haar stryd teen dié siekte verloor.
Dié vriendinne van Orchard Park, New York, ken mekaar reeds van laerskooldae af. Elizabeth is ʼn enkelma van vier dogters en was bekommerd oor haar kinders se toekoms as sy die dag nie meer daar sou wees nie. Laura en haar man, Rico, wat reeds twee kinders het, het dadelik ingestem om na Elizabeth se kinders om te sien.
In April is Elizabeth toe dood. Soos Laura belowe het, het die vier meisies, Lily, Ella, Samona en Tara, by die Diamond-gesin ingetrek.
Dit het aanpassings van elkeen geverg, maar dit wil voorkom asof die laslappie-gesin gelukkig saam lewe.
Besoek gerus wkbw.com vir die volledige berig.
https://youtu.be/PF-HBz_9peU