Gedagte vir die dag: Dink en praat die positiewe

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: crosswalk.com

Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. (Kolossense 3:17b, Die Boodskap)

Ou gedagtes en woorde het ongelooflike krag: goed of sleg. Dink maar watter invloed dit op jou gedagtes, emosies, jou manier van dinge doen, jou selfbeeld, verhoudinge en jou geluk het. Jou manier van dink kan as’t ware jou hele lewe bepaal. Probeer daarom om vandag elke negatiewe gedagte te verander in iets positiefs. En kyk dan hoe jy vanaand voel.

’n Paar voorbeelde sou wees:

  • Ek is stupid … Ek het God se wysheid in my.
  • Ek maak so baie foute … Ek het ’n God wat my oor en oor vergewe.
  • Ek is soms ’n aaklige mens … Ek kan deur die Gees ánders wees: vreugde uitdeel.
  • Ek het nie genoeg nie … Ek is tevrede met dit wat ek het.
  • Ek beteken nie veel nie … Ek maak op my manier ’n verskil.
  • Ek het nog nooit iets bereik nie … God het aan my wonderlike eienskappe en talente gegee wat ek wíl gebruik.

Herhaal die positiewe woorde oor en oor, plak dit iewers op ’n plek waar jy dit gereeld kan lees en probeer om elke keer wanneer jy jouself wil afbreek, halt te roep en dit in ’n positiewe stelling te verander. Dink die goeie. Sê dit hardop. Glo dit. Lééf dit.

Die Gees is die waarheid. Laat toe dat die Waarheid jou die waarheid laat glo, want dít gee jou energie!

Vandag hou ek vas aan U waarheid wat lig gee.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Petro ·

Somtyds om ook vrede te maak met die mense vir wie jy kwaad is diep binne help ook om positief te wees.Se vir iemand vandag hoe mooi hul lyk of dat GOD hul liefhet dan maak jy alreeds n verskil in daai persoon se lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.