ʼn Stampvol NG-kerk in Griekwastad het Donderdag afskeid geneem van Deon, Christelle en Marthella Steenkamp wat op Goeie Vrydag op hul plaas buite die dorp doodgeskiet is.
OFM berig dat dominee Piet Otto in sy diens benadruk het dat Deon en Christelle ‘n onvergeetlike bydrae in die gemeenskap gelewer het en dat hulle altyd hardwerkend was. Sy boodskap was uit Lukas 23. Otto het gesê die 15-jarige Don kry maar nog baie swaar. Don het op sy ouers en sussie se liggame afgekom. Hulle sal veras word.
Die teks en foto’s is met vergunning van OFM se nuusspan. Besoek hulle webtuiste hier.
[nggallery id=36]