Statebondspele in Durban gehou

Foto: mmstadium.com

Foto: mmstadium.com

Die Statebondspele-federasie (CGF) het Woensdag in Auckland, Nieu-Seeland, aangekondig dat Durban in 2022 die Statebondspele sal aanbied, die eerste Afrika-stad om dit te doen.

Louise Martin, Britse sportsadministrateur, wat vroeër as die CGF se eerste vroue president gekies is, het die aankondiging gemaak.

Fikile Mbalula, minister van sport, het Durban op Twitter gelukgewens. CGF-afgevaardigdes het voor die aankondiging aan ʼn inligtingsessie deelgeneem waar Mbalula en James Nxumalo, burgemeester van Durban, hulle onder meer toegespreek het.

Durban was die enigste stad wat nog die 2022-byeenkoms wou aanbied nadat die stad Edmonton in Kanada sy bod onttrek het weens ekonomiese kommer.

Gideon Sam, president van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee, het kort voor die aankondiging gesê: “Dit is Suid-Afrika se beurt om die geleentheid aan te bied. Ons glo ons tyd het gekom en dat Suid-Afrika ʼn vertoning sal bied wat die Statebondspele sal trots maak.”

Die Statebondspele vind elke vier jaar plaas en is in 1930 die eerste keer gehou. Sowat 4 500 atlete sal aan die 2018-Statebondspele deelneem wat in Australië gehou word.

Mark Alexander, voorsitter van die Durban 2022-bodkomitee, het verlede week gesê die Suid-Afrikaanse regering het besluit om die bod te steun en dat infrastruktuur wat vir die 2010 Sokkerwêreldbeker gebou is, weer gebruik kan word, insluitend die Moses Mabhida-stadion, om koste te bespaar.

Die Statebondspele in Durban sal na verwagting op 18 Julie 2022 afskop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

nig ·

Alles goed en wel, maar Kanada het onttrek omdat dit nie geld maak… dit vertel baie!

charmaine ·

Wonder hoeveel geld gaan “verdwyn”? En n paar jaar later hoor ons dit was n sirkus soos die sokker world cup.

Dis goeie werkskepping dis nou tyd om n “Body Guard Maatskappy” te stig dink net hoe lekker die skelms gaan steel.

Enige iemand vir n tender?

Charmaine ·

Alles goed en wel wonder net hoeveel fondse gaan “verdwyn” ?
Na n paar jaar gaan dit ook in n sirkus ontaard soos die sokker world cup.

Maar nou is n goeie tyd om die tenders in te kry vir n Veiligheids Maatskappy want dit gaan “Open Season” wees vir diefstal.

Theresa ·

Mag die liewe Vader ons net help………………………………

pop ·

En daar sneuwel meeste van my kommentare vandag op maroela. Ons mense het soms n manier wat baie direk is om n ding uit te druk, dit gee ek toe. Maar partymaal is maroela net te pedanties. Hoe klink dit nou as mens se n windjie in n windstorm, instede van p–p in n windstorm. Ons is almal mooi groot hier, so kom nou maroela.

Peet Schabort ·

Gaan die kosteberekening gedoen word op dieselfde manier as Medupi s’n ?
(Ek vra maar net . . . . .)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.