Steve Hofmeyr oor die kole gehaal

Foto: Comedy Central

Steve Hofmeyr is vanaand in die warm stoel wanneer hy voor ʼn gehoor “gebraai” gaan word. Maar dit is darem alles in ʼn ligte luim en vorm deel van die TV-program Comedy Central Roast.

Comedy Central, ʼn kanaal op DStv, sê Hofmeyr sal as “een van Suid-Afrika se mees omstrede vermaaklikheidsmense” in die program deurloop. Die kanaal sê in ʼn verklaring dat Hofmeyr die eerste persoon in Afrika sal wees om oor die kole gehaal te word deur die “roastmaster” en “roasters”, waaronder Casper de Vries en John Vlismas.

Hofmeyr sal onder meer uitgelok word en onderwerp word aan gemoedelike gekskeerdery en staaltjies van komediante, familie, vriende en kollegas. Die program word vanaand in die Lyric-teater by Gold Reef City in Johannesburg voor ’n gehoor opgeneem en sal Maandag, 24 September, op dié kanaal uitgesaai word.

Ander internasionale bekendes wat al in die program deurgeloop het, sluit in: William Shatner, David Hasselhoff, Pamela Anderson, Donald Trump, Joan Rivers, Denis Leary en Flava Flav.

Steve Hofmeyr is een van die Top 10-finaliste in Maroela Media se soeke na die Grootste Afrikaner van Alle Tye. Klik hier om hom in dié veldtog te steun.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.