‘n Vrou is ongedeerd nadat ʼn veldbrand haar in haar huis op ‘n plaas naby Potchefstroom in Noordwes vasgekeer het.
“Die 60-jarige vrou se seun het haar bereik voordat sy enige beserings opgedoen het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. Die vrou bly op ʼn plaas 30 km buite Potchefstroom.
Brandbestryders moes die brand blus voordat die vrou gered kon word. ʼn Helikopter is ook ontbied om te help om die vlamme te blus.
Plaaslike owerhede ondersoek die oorsaak van die brand.