Onderwyser afgedank ná onbedoelde ‘George Floyd’-opmerking

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Ervare onderwyseres van die Pinnacle College in Kyalami het vandeesweek die trekpas gekry nadat sy van wangedrag aangekla is.

Sonya de Vynck (53) is vroeër vandeesmaand daarvan beskuldig dat sy gesê het sy gaan met die gr. 10-leerders in haar kunsklas doen wat ʼn Amerikaanse polisiebeampte aan George Floyd gedoen het. Floyd is dood toe ʼn polisielid etlike minute lank op sy keel gekniel het. Die voorval het tot groot rassespanning en gewelddadige betogings in die VSA gelei en het ook in Suid-Afrika groot reaksie ontlok.

De Vynck het Donderdag, twee dae nadat sy afgedank is, gesê sy is platgeslaan deur die gebeure.

Sy het vroeër vandeesmaand ʼn aanlynkunsklas vir gr. 10-leerders aangebied en moes hulle soebat om hul praktiese werk te voltooi. “Die kinders het eenvoudig net nie saamgewerk nie en dit was ʼn gesukkel met die aanlyn klasse. Ek het vir hulle gesê ek gaan op hulle nekke lê tot hulle die werk doen.

“My woorde was ‘you know you have to do it. I’m going to lay on your necks until you do it’.”

De Vynck sê die Floyd-voorval het nie eens by haar opgekom toe sy die uitdrukking gebruik het nie en dat dit ook nie naastenby haar bedoeling was om enigeen te dreig nie. Sy sê dit was ʼn Afrikaanse sêding wat sy sonder om te dink in die Engelse klas gebruik het en dat sy dít wat met Floyd gebeur het, ten sterkste veroordeel.

Kort daarna het ʼn ander leerder van die skool, vir wie De Vynck nie klasgee nie, haar egter op Twitter daarvan beskuldig dat sy gedreig het om dieselfde as wat met Floyd gebeur het, aan die leerders te doen. Dit het ʼn herrie veroorsaak.

“Ek was in ʼn toestand daardie dag. Ek het aanvanklik nie geweet waarvan hulle praat nie en het eers gewonder of dit dalk verband hou met die inhoud van die kunsklas wat ek aangebied het.”

De Vynck het die betrokke leerders ná die voorval om verskoning gevra en verduidelik wat sy met die opmerking bedoel het. Sy is egter steeds geskors en van wangedrag aangekla en ʼn brief oor die voorval is aan ouers gestuur waarin die skool gesê het hy sal geen rassisme duld nie.

De Vynck se tugverhoor is op 11 Junie gehou en op 17 Junie is sy skuldig bevind aan growwe onvanpaste wangedrag. Dinsdag is sy afgedank.

Sy het die afgelope ruk boonop haatboodskappe op sosiale media ontvang – onder meer van mense wat sê sy gaan in die hel brand – maar sê ook dat talle leerders en hul ouers haar ondersteun het.

“Dit was bisar. Ek voel nog ʼn bietjie verward. Ek weet nie eintlik waarheen nou nie. Die sêding het op die heel verkeerdste tyd gekom.”

De Vynck se pa is in Desember onverwags dood en haar ma het gesukkel om sy dood te verwerk. Sy het vanoggend ná ʼn lang siekbed gesterf. Volgens De Vynck is sy bly dat haar ouers minstens dié trauma gespaar is.

De Vynck sê sy probeer intussen haar akkreditasie as onderwyser behou. As dié akkreditasie opgeskort word, mag sy nie verder as onderwyseres werk nie. Sy moet na die voorval redes aan die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders verskaf oor waarom sy steeds as onderwyseres toegelaat mag word.

De Vynck sê sy gaan nou eers asem skep en dan haar opsies oorweeg. Sy is eintlik ʼn laerskoolonderwyseres en sê sy het per abuis as kunsonderwyseres geëindig. Sy sal nou alle moontlikhede vir die toekoms ondersoek. “Ek moet my kop hoog hou. Ek het geen bedoeling gehad om iemand te beledig nie. Ek dink dis nou net gebede wat my staande hou, want soms voel hierdie net te veel.”

Pinnacle College Kyalami se skoolhoof, Angela Barnard, is ook na die voorval geskors. Na verneem word, is die tugsaak teen Barnard nog nie afgehandel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

JohanR ·

Waar is daai DA jeugleier? Hy kon nou die sleg van Schweizer-Reneke, probeer reg gemaak het in Kyalami met die onderwyser. Maar wag hy is in die parliament nou met ‘n vet salaris van oor die R1 000 000 ‘n jaar. Nice work if you can get it! Mense, moenie nou eers daai lekker Afrikaanse gesegte “ek draai jou nek om” as ‘n grap se nie. Julle gaan reguit MRK toe!

Pieter ·

Die ou dun velle moet niks voor gese word nie. Die Juffrou moet haar nie skaam en jammer se oor alles nie. Sy het niks bedoelings gehad nie. (Die kom nou van kinders wat niks wil doen nie).

JohanR ·

Is daar ‘n advokaat in Gauteng, wat soe bietjie pro bono werk vir die onderwyser wil doen? Altyd lekker om hof toe te gaan, en dan vind die hof teen die skool, en betaal die onderwyser R500000 vergoeding!

Deon ·

Snaaks genoeg swart het nou skielik in my brein verander na dun toe maar nog steeds met die swart betekenis.

Hendrik ·

Ek het nie woorde nie… Dit is so absoluut belaglik en laat n mens magteloos en lam voel. Dit maak glad nie sin nie. Ons gebruik die gesegde elke dag. Iemand anders het besluit wat sy gese en bedoel het – hoe werk dit? Elke dag se n klomp nare mense erger dinge in die openbaar en almal weet presies wat hulle bedoel. Hulle kom NIKS oor nie.

Deon ·

Liewe genade!!!!! Het ons n boek waar ons spreekwoorde in staan? Gaan haal daardie boek en vat hulle aan!!! Waar gaan die eindig?

Elsa ·

Ek het 2 boeke
Afrikaans Spreekwoorde en Uitdrukkings met die Engels Ekwivalent saamgestel deur M. S. B Kritzinger en N. G. Sabbagha GEDRUK 1967
En
Dieselfde boek, gedruk in 1990

Zacahara ·

Absoluut absurd!! Ek sou voorstel sy moet dit nie daar los nie. Waar gaan die mensdom ooit stop?

Marius ·

Nog n onderwyser wat net geskors word sonder dat die saak BEHOORLIK ondersoek word . So gaan dit in die surkis . Dit is verby belaglik , om te dink dat n kind n geleerde mens so kan aanval omdat hy of sy nie spreekwoorde van outyd ken nie . Siestog , red n nasie .

Johanné ·

Hierdie is HEEL DUIDELIK ‘n ras-ding!!!! Dis absurd!!! Toe ek onderwyseres jare gelede was, het ek ook altyd die uitdrukking gebruik: “Ek gaan op julle nekke lê totdat julle opdragte in is”! Ek dink iemand onafhanklik en wat nie rassiste is nie, moet hierdie 2 se afdankings ondersoek!

Sarah ·

Deesdae is almal meer fyngevoelig as n swanger vrou wat The Note Book kyk terwyl sy uie sny. Veral met Covid wat ons verhoed om voluit te lewe soos ons moet. Ons almal moet maar pasop wat ons se.
Die geval is vir my super belaglik. Hoop die juffrou baklei terug.

Henri ·

Wel ja. Wat mag n mens nog sê. Ek is te bang om deesdae iets te sê. Groet nog en dit is al. Hoe moet n mens God se opdrag in so n bosse wereld probeer bring. Die is seker ons toets wat Satan vir ons stel soos hy met Jesus ook gedoen het.

Blikke ·

Hou jou kop omhoog juffrou…..ek is oortuig dat die waarheid sal seevier…..daar wag iets beters vir jou!!! Hou net moed en glo dan sal alles regkom!!!

Pieter J ·

Iemand moet hierdie dame help dat sy die saak in die hof bestry. Die mense wat haar afgedank het, het nie ń voet om op te staan nie. Dit is niks anders as rassisme nie.

Maritha ·

Kom Afriforum. Help ń bietjie om hierdie dom mense te leer van gesegdes. Om op ienand se nek te lê beteken mos dat jy aanhou en aanhou tot hulle luister of doen. Die skuldeisers lê al 3 mnde op my nek

Susan ·

Dis verstommend dat hier melding gemaak word van rassisme in die klag teen die onderwyseres!? Die uitdrukking is al eeue oud, en meeste mense ken dit, of gebruik dit van tyd tot tyd. Die groot probleem is dat kinders wat onkundig is en nie die nodige kennis en kundigheid het, iets onskuldig kan opblaas en iemand beskuldig omdat hulle nie eintlik weet wat of waarvan hulle praat nie. Dis in elk geval deesdae in die mode om rassisme by te sleep ongeag of dit van toepassing is, selfs die hoof word aangekla! Ek hoop die lui ongemotiveerde leerlinge kry nie gou weer ‘n onderwysers wat bereid sou wees om vir hulle klas te gee nie, ek sou my defnitief nie inlaat by sulke tipe leerders nie.

Tanya ·

Ok wag…. laat ek dit gou probeer verstaan, die juffrou weerspreek haarself, deur ‘n Afrikaanse gesegde direk te vertaal na Engels (George Floyd of rassisme is nie eens genoem nie), een student van die skool las dan ‘n stertjie aan en sit dit op sosiale media soos sy goed dink. Dan word die onderwyseres aangekla vir iets heeltemal omgedraai en word dan geskors. Sjoe! So omgedraai, aangelaste stories is nou veel meer werd as die waarheid. Ek kan maar net my kop skud!

Wielspore ·

Ek glo nie hierdie is die einde van die saak, Sonya de Vynck gaan binnekort ‘n vet tjek ontvang vir onbillike ontslag. Met dieselfde asem hoop ek dat die leerling wat die vals bewering gemaak het in haar persoonlike hoedanigheid aangekla gaan word vir vals rassistiese bewerings.

Ronel ·

Hoe belaglik het die lewe nie geraak nie!! Dis ‘n direkte vertaling wat ‘n sensitiewe mensie nou weer ontstel het. Soos iemand anders hier tereg noem. Dun velletjies…

Morne ·

Daai kinders het nou n onderwyseres se lewe vewoes. Seker wil hulle almal Dr’s,prokereur’s of CEO’s word. Dit wat hulle aan onderwysers doen in die tyd, sal hulle nie ver kom nie. Ek salueer die onderwysers wat vir my skool gegee het (ek het wel slae gekry) maar sonder hulle sou ek nie vandag n goeie pos by my werk gehad het nie.

Hennie ·

Asseblief! Kry ‘n prokureur en maak seker dat jy ‘n GROOT skikkings van die skool kry. Dan kyk jy wie lag laaste as die bloedjies se ouers meer moet betaal vir hulle opvoeding.

HJvdb ·

Ek se nog altyd el sal vir die land veg tot die einde, maar my vraag is nou, watter einde?

Ek wonder of ons nie reeds in 94’ die einde bereik het nie??

Petrus Johannes ·

Regtig die swart mense moet regtig verstand kry van president tot leerders .

Heinrich ·

ABSURD!!!!! My vrou is ook in die onderwys en hierdie aanlyn leer proses maak dinge baie moeilik. Dit is mos ‘n erkende Afrikaanse uitdrukking om te sê jy gaan op iemand se nek lê totdat iets gedoen is. Pinnacle is belaglik verby!

Vanessa ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie. Hoe op aarde!!!!! Juffrou ek staan agter jou, baklei terug, moenie gaan lê nie. Almal van ons kan sien dat die dam onder die eend geruk word hier. As dit nie jou bedoeling was nie staan op jou regte. Onthou jy het ook regte!!!!! Ek sien die hoof van die skool is ook afgedank. Ek dink mense moet meer konsertreer op die kinders se leerwerk as die juffrou se sêgoed. Dis absoluut belaglik. Ek kan nie sien hoe dit meer ‘n plesier is om skool te gee nie. Ek sou lankal van my trollie af gewees het, jy moet so let op wat jy sê en doen, in my dae het jy sommer ‘n klap teen die kop gekry en is met voorwerpe gegooi as jy nie opgelet het nie, nou moet die onderwysers hulle optrede oral verduidelik. Ek is ‘n ouer van 3 kinders en is dankbaar vir die juffrouens wat hul kant bring en die kinders druk om iets van hul lewe te maak. Gee die juffrou eerder krediet.

Anel ·

Gelukkig het ek nooit onderwyser geword nie. Probleem met die spul is, hulle wil in die duur skole skoolgaan waar blanke onderwysers is. Dan kan hulle maak soos hulle wil, want sodra die onderwyser dan optree skree hulle rasisme. In hul eie skole sal hulle nie sulke optredes waag nie want die swart onderwysers laat hulle nie intimideer nie. En die kinders is versigtig vir hulle want ek verneem hulle kan sommer nog oorveeg kry. As hulle dan by hul ouers gaan kla kry hy sommer weer oorveeg. Soos maar in ons dae. Jy kla nie oor onderwyser nie. So, as die onderwyser wit is maak hulle sois hulle wil. Juffrou, gaan hou skool by ‘n Afrikaanse skool. Jy gaan dalk minder betaal word, maar jy gaan nie nodig hê om heeltyd oor jou skouer te loer nie. Hoop iemand kan haar help, ook om die spul hof toe te vat. Baaie sterkte.

Adrian ·

My Vrou “lê elke dag op my nek” om vir haar portrette op die muur te sit maar ek wil nie gate in my muur hê nie…

marius ·

Gaan win regsadvies in by die taaiste prokureur wat gevind kan word . Tot by Daantjie in die kalwerhok
verby ….

Misky ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie en klink absurd!!! Ek die storie van die begin gevolg en gedink dit sal nie tot iets lei nie en te verregaande. Weereens is ek verkeerd bewys. En waarvoor sal die skoolhoof ook afgedank word? Juffrou, los die onderwys eerder en dis n ondankbare professie. Vat hulle hof toe en looi hulle. Gaan tree af met n huisie by die see en lag elke aand met n glasie wyn oor die verwende klein ettertjies wat nie wil leer nie.

Theo ·

In sy boek “1984” wat al in 1949 gepubliseer is het George Orwell dit voorspel:
“Every record has been destroyed or falsified, every book rewritten, every picture has been repainted, every statue and street building has been renamed, every date has been altered. And the process is continuing day by day and minute by minute. History has stopped. Nothing exists except an endless present in which the Party is always right.”
George Orwell, 1984

Jaco ·

As jy wit is in SA, BLY DAN WEG uit beroepe en posisies waar jy swartes onder jou gaan hê. Al doen jy jou werk ook hoe goed, is die kanse vir aanklagtes oor rassisme net té groot. Doen eerder werk waar jy net een van die gewone werkers is.

Alida ·

Dit lyk of die Covid 19 virus nou die ras en/of kleur knoppie aangeskakel het. Dit is belaglik. Nou luister die departement na die rebelse kind se weergawe. Die juffrou is seker blank!

Scalla ·

Hoe word sy sommer summier afgedank en die ander eers geskors met betaalde verlof en dan moet daar redes aangevoer word hoekom hul nie tot die stap mag oorgaan nie? Dubbele standaarde.

Lizelle ·

Hulle gaan maar vir ons ‘n boekie moet gee van wat ons mag en nie nag sê nie. Ek is seker die boekie sal elke week herskryf moet word. Sal weekliks verskyn soos die Huisgenoot.

Sandra ·

Ek dink die rede hoekom sy verward voel is omdat sy nie eens iets daarby bedoel het nie, maar ander mense het dit verkeerd gelees. Ek dink jy moet die saak beveg, Juffrou, want ek sal die eerste een wees wat vir jou se jy het dit rassisties bedoel, maar ek kan sien dat jy net die op die nek le seding, direk in engels vertaal het. Kry Solidariteit om jou by te staan, as hulle dink jy het ‘n saak om te beveg. Voorspoed.

Juliet ·

Agge nee! Ek dink regtig die juffrou moet appelleer en die Afrikaanse Idiome boek gebruik as verdediging. Om per ongeluk ‘n Afrikaanse idioom te vertaal is 100% menslik. Om op iemand se nek te lê beteken ek gaan ‘n oorlas maak van myself. En dis wat sy bedoel het, sy gaan aanhou neul met hulle tot hulle hul werk doen. Dit gaan oor INTENT. Absoluut belaglik.

Monica ·

Absoluut belaglik verby!! Ek kan nie glo dat sy skuldig bevind en afgedank is nie!!

lodewyk ·

Hier kom n saak vir Soldariteit en Agriforum -jy kan nie net iemand afdank of hoorse nie en moet bewyse he -dus ek stel voor vat hulle CCMA toe en laat hierdie leerling wat die valse nuus versprei het boet en gedagvaar word -kyk wat het met die twee SAP vroue gebeur wat hulle bevelvoerder vir rasisme aangegee het toe sy hulle wou disiplineer -en nog ander gevalle – latt die departement van onderwys hoes vir die hofsaak en daai kind se ouers -hierdie saak het nie gronde nie en sy en die nader persoon is onwetiglik afgedank -ek hou die spasie dop

LANA is ELANè ·

BISAR ~ dat elke enkele woord wat mens deesdae spreek goed heroorweeg moet word voordat jy lewe daaraan gee. Ek dink introverte floreer in die tyd want hul kan hul gesprekke in stilte voortsit in hul eie koppe, sonder dat iemand aanstoot gaan neem.

Gilla ·

Dis ‘n afrikaanse gesegde, my onderwysers het baie op skool gese hulle gaan op ons nekke lê tot dit klaar is, en my ma nog vele kere meer. Dit is ‘n direkte aanval op ons taal. Ek is gatvol, en wil iets doen, maar ek weet nie wat om te doen nie..

Andre ·

Dit klink eerder of die raad wat haar geskors het bietjie opvoeding nodig het. Maar dit leer mens ook om baie versigtiger te wees met wie jy vriende maak.

AndrewL ·

Nou toe nou. So oorreageer mense net om polities korrek te probeer wees. Ek wonder wat die jong bloeitjies van dag sal doen as ‘n onderwyser hul toevoeg wat my Engels onderwyseres vir my gesê het. “Andrew, I will hang, draw and quarter you!!”

Nouja, na al die jare het dit niks aan my gedoen nie. Kinders wil gesmeek word om hul werk te doen.

Die enigste iets wat ons jongmense vandag leer – natuurlik net op sosiale media en derglike platforms – is om te kla en af te knou en dan terug te sit en videos maak van hul eie opstokery.. Ek skaam my.

Elsa ·

Dis omdat niemand gesegdes leer of lees nie.

Op iemand se nek lê : to hang around another’s neck, or to sit heavenly on another’s chest.

Danie ·

Ek dink nie hierdie was ‘n geval van ‘n sensitiewe mensie wat ontstel is nie.
Ek dink die persoon wat die beskuldiging gemaak het het dit gedoen met voorbedagte rade met ‘n duidelike idee van wat die gevolge gaan wees aangesien almal deesdae verplig is om soooo pc op te tree.
Dit kom op die slegste tyd van die vrou se lewe en ek voel verskriklik jammer vir haar.
Ons lewe in ‘n tyd van geslaglose snowflakes wat dink hulle weet reeds op tienerouderdom hoe om die wêreld te bestuur met verf, klippe, vlamme, vandalisme en persoonlike aanvalle soos hierdie.
En hulle kom weg daarmee omdat almal te pc is om hulle vas te vat.
Ek sal liewers my covid gedagte vir myself hou.

The Painter ·

Ongelooflik om te dink dat daar nog sulke goeie onnies is wat die kinders se “gatte moet lek” om vir hulle EIE toekoms en voodeel in die lewe iets te word en hulle plek later met trots in die samelewing te kan vol staan – Om ‘n bietjie druk op hulle te plaas om hulle huiswerk uiteindelik na ‘n gesmeek en mooi vra af te handel ??? … in one dae het jou “Aalie gebrand”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.