ʼn Vermeende renosterstroper (35) van Shabalala Trust naby Hazyview in Mpumalanga sal Maandag in die Hoedspruit-landdroshof verskyn ná hy Vrydag in hegtenis geneem is.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn gesamentlike poging tussen die polisie se honde-eenheid, die teenstropery-eenheid en die eenheid vir bedreigde spesies het inligting ontvang oor ʼn groep renosterstropers wat op pad was na ʼn wildplaas naby Hoedspruit.
“Die polisie het hulle daar ingewag. Hulle het kort daarna opgedaag en wou nie hulle samewerking gee toe hulle voorgekeer is nie. Die verdagtes het op die polisie losgebrand en die polisie het teruggeskiet,” het Ngoepe gesê.
Een verdagte is tydens die skietery doodgeskiet, nog ʼn verdagte is ernstig gewond en ʼn derde het volgens Ngoepe daarin geslaag om te ontsnap.
“Die polisie is steeds op soek na daardie verdagte,” het Ngoepe Maandag gesê.
Daar is tydens die inhegtenisneming beslag gelê op een jaggeweer, ammunisie en twee messe.
Mooi so Polisie.
Mooi skoot Polisie….
Bravo SAPD !!!
Goeie nuus, een minder, dalk twee, hou duim vas. Dalk die gewonde se neus afkap?
sy neus????? ek weet van iets anders wat afgekap behoort te word.