Soorte resepte:

[Resep] Rys-en-mieliekoekies

Foto: Koskas Kos

Rys-en-mieliekoekies. Foto: Koskas Kos

Volgens Francois Ferreira is dié resep so gewild dat hy dit vir ʼn tweede keer in ʼn resepteboek laat publiseer.

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele:

  • 250 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 250 ml gaar rys
  • 250 ml romerige suikermielies
  • 1 geklitste eier
  • 45 ml melk
  • olie vir vlakbraai

Metode:

  1. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Roer die rys, suikermielies en eier deur, en meng goed. Voeg die melk by en roer deur.
  2. Verhit die olie in ʼn pan en skep eetlepels vol van die beslag in die olie. Braai aan weerskante tot goudbruin. Skep met ʼn gaatjieslepel uit en dreineer op kombuispapier. Skep ʼn bolaag van jou keuse bo-op en sit voor.

Bron: Koskas Kos deur Francois Ferreira
Uitgewer: Lapa

4 Kommentare

Uvonka ·

Hierdie koekies is soooo yummy en baie vullend, ek maak dit gereeld, sommer dubbeld en dan is daar genoeg om heeldag aan te peusel!!!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 24 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.