Dié soetsout-kombinasie is ʼn heerlike peuselhappie vir ʼn rustige aandjie tuis.
Bestanddele:
- 125 ml botter
- 125 ml bruinsuiker
- 60 ml gouestroop
- ʼn knippie sout
- ʼn knippie koeksoda
- 5 ml vanieljegeursel
- 10 x 250 ml gaar springmielies
Metode:
- Meng die botter, suiker, stroop, en sout saam. Mikrogolf dit teen 100% krag vir ongeveer 3 minute of totdat dit gekaramelliseer het. Roer dit kort-kort.
- Voeg die koeksoda en vanieljegeursel by en meng goed.
- Giet oor die springmielies en roer goed deur.
Bron: Lekker en Vinnig – Lekkers
Uitgewer: Lapa
Die resep is oorspronklik gepubliseer in Soet en sout deur Margie van Tonder.
Hmmmm…. net reg vir die kleinkinders! Baie dankie vir hierdie lekker resep!