Soorte resepte:

[Resep] Romerige karamel-sago

Romerige karamel-sago (Foto: Lapa-uitgewers)

Sago soos in die ou dae. Net betyds vir die naweek!

Genoeg vir 6

Bestanddele:

  • 4 k (1 liter) Clover-volroommelk
  • 1 k (185 g) sago
  • ½ t (2 mℓ) sout
  • ½ t (2 mℓ) gemaalde neutmuskaat
  • ½ t (2 mℓ) gemaalde kaneel
  • ¼ k (50 g) bruinsuiker
  • 1/3 k (80 g) Clover Springbok-botter
  • 2 t (10 mℓ) karamelgeursel
  • 4 eiers, geskei

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 170°C en smeer ’n groot oondvaste bak.
  2. Verhit melk tot net onder kookpunt in ʼn kastrol en verlaag die hitte.
  3. Voeg die sago, sout, neutmuskaat en kaneel by en prut 10 tot 15 minute tot die sago deurskynend is.
  4. Roer die suiker, botter en karamelgeursel by. Verwyder van hitte.
  5. Klits die eiergele saam en meng dit by die sagomengsel in.
  6. Klits die eierwitte in ʼn skoon mengbak met ʼn elektriese klitser tot stywe punte vorm en vou by die sagomengsel.
  7. Skep in die bak en bak 40 tot 45 minute tot gestol.
  • BronTrooskos
  • UitgewerLapa

Een kommentaar

Johan Lourens ·

Maklik om te maak, smaak heerlik en nie te soet soos van ander sago poedings nie.
Ek en ma eet elk ‘n bakkie die res gaan kinders toe?. Oupa

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.