Ons deel weer tannie Nella se vinnige Melktert-resep ter viering van Nasionale Melktertdag. Vier dié spesiale dag saam met ons en sny sommer ʼn lekker groot skyf…
Bestanddele:
- 1 liter melk
- 250 g botter of margarien
- ¾ koppie mielieblom, aangemaak met ʼn klein bietjie water
- ¾ koppie suiker
- 2 eiers
- Knippie sout
- 1 teelepel vanieljegeursel
Metode:
- Sit die melk en botter of margarien in ʼn pot en verhit totdat die margarien smelt en die mengsel kook.
- Voeg die res van die bestanddele by en kook stadig vir 10 minute. Roer deurgaans, anders brand dit aan en maak klonte.
- Gooi in ʼn gesmeerde tertbak, met of sonder ʼn kors van eie keuse.
- Plaas die tert in die yskas en bedien koud.
Kom hy nog in die oond? Of yskas?
Ek het ‘n soortgelyke resep – dit word op stoof gaargemaak en gaan dan net in die yskas….lekker vinnig en smaak net so lekker
Hy gaan defnitief oond toe ek wil ook graag asb weet vir hoe lank. En watse grade
Ek vermoed hy gaan nie oond toe gaan… aangesien die vulsel op die stoof in kastrol gaargemaak word en net kaneel gestrooi word. Maar – kom ons kyk wat se hulle!
Word die melktert nog gebak of gaan dit net yskas toe. Indien wel, vir hoe lank en teen watter grade asb.
Dagsê lesers,
Ons vra om verskoning vir die verwarring. Plaas gerus die melktert in die yskas en bedien koud.
Groetnis,
Adéle nms Maroela Media.
Dankie
Dankie vir die resep
hi
kan iemand asb n kors resep stuur
waardeer
urs
Stuur asseblief ‘n tertkors resep wat die vulsel sal komplimenteer