Vaarwel aan die dae toe jy ʼn avokado gekoop het wat eintlik nog aan die boom moes hang om ryp te word.
Suzelle DIY wys in dié video slim wenke hoe jy kan bepaal of ʼn avokado ryp is. Na dese sal jy jou nooit weer misgis met ʼn papgedrukte avokado in die winkel wat nog nie eintlik reg is om geëet te word nie.
Dié doen-dit-self-ghoeroe wys ook ʼn maklike manier om guacamole te maak met net ʼn paar bestanddele. Dit sal handig te pas kom langs die braaivuur of op die tafel as ʼn doopsous.
Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.
Dit is n baie oulike reeks, ek sukkel net om sosiale media nog baas te raak maar ek sal. Maroela, sal julle ook so n reeks aanbied deur n Kenner wat ons inlig om onsself te beveilig en verdedig?