Die openingseremonie van die 2013 Africa Cup of Nations sokkertoernooi het Saterdag met ‘n Afrika-tema beïndruk.
Lees meerAlles vir Saterdag 19 Januarie 2013
Video: Verbod op drankadvertensies
Die Minister van Vervoer, Ben Martins, wil padsterftes hokslaan deur onder meer ‘n verbod te plaas op drankadvertensies. Die minister sê alkohol was ‘n faktor…
Vrou ry in KZN-huis vas
‘n Vrou in haar laat 20s is beseer nadat sy Saterdag in Montclair, KwaZulu-Natal, beheer oor haar voertuig verloor, en in ‘n huis vasgejaag het.
Vragmotor bars deur PMB-huis
‘n Huis in Pietermaritzburg sal ten volle herbou moet word nadat ‘n groot afleweringsvragmotor in die huis vasgejaag het.
Jong motorfietsryer sterf in ongeluk
‘n Jong motorfietsryer is Saterdag dood nadat ‘n motor hom in Goldmanstraat in Florida, Roodepoort getref het.
Egpaar op kleinhoewe in BFN aangeval
Pieter en Elsa Kolver van Bainsvlei naby Bloemfontein is Saterdag omstreeks 05:00 op hul kleinhoewe aangeval.
Bela-Bela vrou sterf ná aanval deur njalabul
Hettie Gerber (79) van Bela-Bela is Vrydag dood nadat ‘n njala-bul haar been deurboor het.
Bejaarde stapper sterf in Kaapstad
‘n 80-jarige man het Vrydag by Elsies Peak in Vishoek, Kaapstad, gesterf.
Een van drie San-taalsprekers sterf
Daar is nou slegs twee mense wat die oudste oorlewende San-taal van Suid-Afrika kan praat, nadat die derde persoon op 7 Januarie in Upingtong dood is.
Renoster is nuusmaker van die jaar
Die Nasionale Persklub het Vrydagaand renosters as die 2012 Nuusmaker van die Jaar in Pretoria aangewys.
Twee in hof oor Parys-vrieskasmoord
Twee mans het Vrydag in die Parys landdroshof verskyn in verband met ‘n plaasmoord die afgelope week.
Swaar reën oor die naweek verwag
Swaar reën word dié naweek in ses provinsies verwag, het die Suid-Afrikaanse Weerdienste Vrydag gesê.
Fietsryers ignoreer glo veiligheidsmaatreëls
Talle fietsryers in Suid-Afrika gehoorsaam glo nie voorkomingsmaatreëls wanneer hulle openbare paaie gebruik nie.
Tronkgeweld: 2 dood, 65 beseer
Twee gevangenes is dood en 65 beseer nadat ‘n bakleiery Vrydag by St Albans-gevangenis in Port Elizabeth uitgebreek het.