Bejaarde stapper sterf in Kaapstad

Die uitsig vanaf Elsies Peak in Vishoek, Kaapstad

‘n 80-jarige man het Vrydag by Elsies Peak in Vishoek, Kaapstad, gesterf.

“Die pensioenaris het Vrydag saam met ‘n vriend gestap toe hy ineengesak het,” het Vanessa Hern, woordvoerder van Air Mercy Service, aan die Weekend Argus gesê. Die man is op die toneel dood aangetref en sy liggaam is met ‘n helikopter van die berg af vervoer. Die oorsaak van sy dood sal bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.