Verskeie faktore, waaronder korrupsie, dra daartoe by dat Menseregtedag in Suid-Afrika vir baie geen vreugdevolle gebeurtenis is nie, soos Suid-Afrika se posisie op die jongste gelukkigheidsindeks aandui. Dit sal eerder sin maak om vandag te benut om te besin oor metodes om die gebreke aan te spreek.
Alles vir Dinsdag 21 Maart 2017
Onderwyser en drie ander vas oor poging tot moord, brandstigting
Die polisie in Mpumalanga stel ondersoek in nadat geweld uitgebreek het tydens ʼn gemeenskapsvergadering in Barberton waar mense beseer en huise en motors beskadig is.
Miljardêr David Rockefeller oorlede
Die wêreld se oudste miljardêr, David Rockefeller, is in New York in die ouderdom van 101 oorlede.
Gedagte vir die dag: Almal wat in Hom glo
Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aanvaar nie. Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. (Johannes 1:11, 12)