Boek: Tienerliefde, avonture in Parys

Nerine Ahlers

Sergio is hot! Hy is die eerste prys … Soos ʼn gratis vliegkaartjie Ysland toe met betaalde verblyf. Boonop het hy nou vir Dienkie genooi om Vrydagaand in Parys saam met hom te gaan rolskaats.

Sy weet nie of sy moet gaan nie. Want Sergio is ʼn hunk – ʼn Franse hunk. Die probleem is eenvoudig: Dienkie hou baie van hom. Eintlik miskien te veel. Hierdie situasie spel vir haar net een woord: Moeilikheid. Veral toe Sergio se Franse vriendin, Veronique, van die uitnodiging hoor nog voordat tannie Mon en Dienkie se niggie, Trish, in Parys aankom. Hoekom is twee onbekende mans op Trish se spoor? En hoe gaan hulle van die mans ontslae raak? Veral as Dienkie vir Sergio ook nog op ʼn afstand moet probeer hou.

Per ongeluk Parys is deur Nerine Ahlers geskryf en dit het pas by Lapa Uitgewers verskyn. Die boek is geskik vir lesers 13 jaar en ouer.

Oor die skrywer

Ahlers het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en in 1985 haar meestersgraad aan die Universiteit van Pretoria behaal. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits aan hoërskoolleerders. Sy is met Johann Ahlers getroud en het twee dogters, Joekie en Rianné.

Ahlers en Alet Steenkamp is as skrywerspan die skeppers van die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; SMS’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome. Hulle het ook Liefde is … en Ek+Jy geskryf. Selfone, skelms en sjokolade is in 2007 met ʼn ATKV-Kinderboektoekenning bekroon, en in 2011 verower dié gedugte duo nog ʼn ATKV-Kinderboektoekenning met Liefde is.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marianna ·

Net jammer boeke het so duur geword. Is dit nog die moete werd vir ‘n skrywer om maande in te sit om ‘n boek op die rakke te kry? Veral in Suid-AFrika waar daar nie juis ‘n leeskultuur is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.