Boek: Aleit Swanepoel se nalatenskap leef voort in kookboek

Die Sondagaand voor Aleit Swanepoel se dood was hy volstoom aan die gang, besig om onder meer sy alombekende lamsboud gaar te maak. Die bestanddele is gekoop en die span was reg vir ʼn week van kosmaak.

Swanepoel het aand na aand gesit en resepte uitwerk en stories skryf. Sodra dit klaar was, het hy dit gretig vir sy span gestuur en gesê: “Ek het nog ʼn storie!”

Hierdie projek het hom besonder na aan die hart gelê. Swanepoel wou dit met sy mense deel en daarom is AleitApteit een van die maniere hoe dié geliefde televisiepersoonlikheid onthou sal word.

AleitApteit, ʼn kookboek gevul met resepte en stories uit Swanepoel se pen, is ʼn spreekwoordelike hoofstuk van sy nalatenskap en hiermee kan hy vir altyd in mense se hart, kombuis en lewe voortleef.

Volgens die uitgewer is dit ʼn pragkookboek gevul met bekende hartskos en bypassende stories wat deel van jou kombuis se bestanddele moet uitmaak.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R380,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by 
Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.