Miriam Koch
Andries Anders vertel die verhaal van ’n droomverlore skaap wat graag reis. Hy het in die noorde aan die kus langs ’n gestreepte rooi vuurtoring sy plek tussen ’n trop skape gevind. Wanneer die wind egter stories oor die see aanwaai en van verre plekke vertel, ontwaak sy avontuurlus. En dan onderneem Andries en sy maat, die meeu, ’n wonderbaarlike reis na die fassinerendste plekke op aarde. Hulle troue begeleier is die wind, saam met wie hulle ten einde weer daar land waar dit tog die mooiste is: tuis!
’n Poëtiese boek met subtiele illustrasies, vir almal wat hulle tuistes liefhet, maar ook van ver plekke hou.
Oor die outeur
Miriam Koch is gebore in 1980 en studeer Kommunikasieontwerp met ’n klem op illustrasie in Trier, Duitsland. Haar liefde vir die Noordsee het haar geïnspireer om Andries Anders te skryf. Sy werk as ’n vryskut skrywer en illustreerder in Duitsland.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R120.00*
*Prys onderhewig aan verandering