Boek: Asterix

Caesar se geskenk

Toe legioensoldaat Romeomontagus by Caesar die titelakte kry van ’n Galliese dorpie in Armorica, verruil hy die dorpie aan die herbergier Ortopedix as betaling vir sy drankrekening. Ortopedix is baie opgewonde om te trek na die dorpie wat hy gekoop het. Maar toe hy, sy vrou, Aspirien, en dogter, Corenza, daar aankom, rol hoofman Allamapstix van die lag oor die dorpie wat Caesar kwansuis verkoop het.

Caesar se geskenk is die 21ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Asterix en die groot oorvaart

Op ’n visvanguitstappie word Asterix en Obelix in ’n storm vasgekeer en deur die see van koers af gestuur. Gelukkig bereik hulle ’n eiland en dit lyk vir hulle asof dit bewoon word deur ’n Romeinse kolonie. Maar wat is die vreemde diere wat “koeloekoeloekoeloe” maak? En hoekom wil hulle hoofman hê Obelix moet met sy dogter trou?

Asterix en die groot oorvaart is die 22ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Oor die vertaler

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n meestersgraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

Genre: Strokiesverhaal
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130,00*

*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boeke by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre ·

Ek het met Kuifie en Asterix groot geword in die ’70 s. Nog steeds van my gunsteling boeke.Onthou nog dat jy so uit-trek boekie in die middel van die ” Family radio en tv ” gekry het.

Anoniem ·

Ek sal nie die Afrikaanse vertaalde boeke koop nie. Dis altyd beter in die oorspronklike taal, die humor is net nie dieselfde nie.
En persoonlijk, lees ek eerder die Engelse boeke wat oorspronklik in Engels geskryf is. So, sal gaan soek vir die Engelse weergawe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.