Boek: Babadierestories

Hierdie pragtige hardeband slaaptydboeke met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal kinders in ʼn oogwink droomland toe stuur.

Babadierestories: Nag, Hasie

Kom saam met Hasie wanneer sy die eerste keer die holte verlaat en die wêreld aandurf. Sy vind uit sy het alles wat ʼn hasie nodig het – lang ore om mee te luister, ʼn knoopneusie om mee te snuffel en sterk agterpote vir hardloop, huppel en hop.

Babadierestories: Nag, Pikkewyntjie

Dit is Pikkewyntjie se eerste dag by die kleuterskool. Hy hou net mooi niks daarvan om weg te wees van sy mamma en pappa nie! Maar ná ʼn dag saam met die ander pikkewyntjies, besef hy dat dit groot pret is om maatjies te hê.

Prys: R125,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.