Natuurlik wil ons almal graag gewild wees. Maar Clemens die kat wil regtig hê ALMAL moet van hom hou – en daarom is dit vir die ander diere op die werf kinderspeletjies om hom met flikflooiery en komplimente ’n gat in die kop te praat. Clemens doen alles om hulle guns te wen … maar teen watter prys?
’n Storie oor gewildheid, groepsdruk, selfvertroue en ware geluk.
Die boek is geskik vir kinders tussen 3 en 7 jaar oud.
Oor die outeur:
Max Bolliger (1929-2013) se kinderverhale, wat al in verskeie tale vertaal is, het hom een van die suksesvolste Switserse kinderboekouteurs van alle tye gemaak. Hy is onder meer bekroon met die Deutscher Jugendliteraturpreis, die Nederlandse Silwer Griffel en ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Zürich. Verhale van Bolliger wat in Afrikaans gepubliseer is, sluit in: Die mooiste lied, Daniël, Die reuse se fees en Die ontevrede prinsie.
Oor die illustreerder:
Jürg Obrist het homself as retoesjeerder sowel as fotograaf gekwalifiseer aan die Zürichse Universiteit vir Beeldende Kuns (Züricher Schule für Gestaltung). In 1976 is hy na die Verenigde State van Amerika, waar hy in New York as illustreerder gewerk het en veral betrokke was by prenteboeke vir verskeie Amerikaanse uitgewers. Ná sy terugkeer na Switserland het Obrist hom in Zürich gevestig as vryskutillustreeder en skrywer. Jürg Obrist se grafiese werk bestaan hoofsaaklik uit illustrasies vir prenteboeke, maar hy is ook bekend vir ‘n suksesvolle reeks speurverhale vir kinders.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke