Boek: Die brief vir die koning

Tonke Dracht

ʼn Jong held.
ʼn Belangrike opdrag.
ʼn Ongelooflike avontuur.

Tiuri verbreek die reëls wat bepaal dat hy met niemand mag praat die nag voor hy tot ʼn ridder geslaan word nie. Hy maak die deur oop van die kapel waar hy oor sy toekoms moet nadink.

Die versoek om hulp blyk ʼn gevaarlike opdrag te wees. Tiuri word agtervolg deur boosaardige Rooi Ruiters wat hom wil doodmaak. Maar hy is vas van plan om die uiters belangrike brief by koning Unauwen af te lewer. Die Swart Ridder met die Wit Skild het nie verniet met sy lewe geboet nie …

Die brief vir die koning is ʼn Middeleeuse verhaal wat jou hart vinniger laat klop. Dit is geskryf deur Tonke Dracht en in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo.

Oor die skrywer

Antonia “Tonke” Johanna Willemina Dragt is ʼn Nederlandse kinderboekskrywer en -illustreerder. De brief voor de Koning is in 1963 met die Nederlandse Prijs voor het Beste Kinderboek bekroon en in 2004 met die Griffel der Griffels se toekenning vir die beste boek van die afgelope 50 jaar (1955–2004). Dragt het in 1976 die Staatsprijs voor Jeugdliteratuur ontvang. Die Nederlandse film De brief voor de Koning is in 2008 uitgereik en die sesdelige Netflix-reeks The Letter for the King in 2020.

Oor die vertaler

Daniel Hugo was ʼn spesialisomroeper by Radio Sonder Grense (RSG) en verantwoordelik vir die literêre program Leeskring. Hy is ʼn gerekende digter met 16 poësiebundels agter sy naam. As vertaler het hy reeds die werke van onder andere Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen, Cecily Mary Barker en Hugo Claus in Afrikaans vertaal.

Prys: R330,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by
Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.