Boek: Die towenaars van toeka: Klop drie keer

Cressida Cowell

Wens en Xar moet nou soos misdadigers vlug. Almal maak op hulle jag: krygers, towenaars en die ergste van almal: HEKSE …

Kan hulle die geheime bestanddele vir die towerspreuk wat van hekse ontslae raak in die hande kry voordat die heksekoning sy kloue op towerkrag-wat-op-yster-werk kry?

Wens en Xar se volgende sending is nog meer skrikwekkend en gevaarliker as ooit … En iemand gaan hulle verraai …

Is jy gereed om drie keer te klop?

Oor die skrywer

Cressida Cowell is die skrywer en illustreerder van die blitsverkoperreeks How to Train your Dragon (oftewel Hoe om jou draak te tem), wat nou ‘n bekroonde Dream Works-rolprentreeks is, asook ‘n reeks wat op Netflix en CBBC vertoon word. Die Towenaars van Toeka is weer eens ‘n topverkoper. Dis geïnspireer deur die landskap in die omgewing van Sussex, waar Cressida se ouma grootgeword het. Cressida woon in Londen saam met haar man, drie kinders en ‘n hond genaamd Pigeon.

Oor die vertaler

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat, en in 2018 vir M.G. Leonard se Kewerknaap. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het. Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa RosaSwartwaterBinnelanders en Suidooster.

Prys: R265,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.