Frederik H Steyn
Die keuse van die pragstad Sydney om die Olimpiese Spele in die jaar 2000 aan te bied, was uiteindelik die regte een. Dog, sonder probleme sou dit nie. Uiteraad weet min mense van die booshede waarmee die Australiese veiligheidsowerhede agter die skerms moes swoeg en sweet.
In Die Ultimatum spoel die misdadige neigings van ‘n regse groepering in verre Suid-Afrika oor na hierdie prestigeryke sportgebeurtenis. Gaan die Olympic Investigation Strike Force daarin slaag om hierdie aanslag af te weer?
‘n Meesleurende verhaal van ‘n wedloop teen tyd, met naelbyt spanning en -aksie tot op die laaste bladsy.
Uitgewer: Publishing World SA
Prys: R179.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek hier: www.booksdirectsa.com