Boek: ‘Een vir een’ – Peet Venter

Peet Venter

Die onderwêreld is in rep en roer. Kaptein Fritz Hartzer ondersoek die moord op taxibaas Baloyi en die Rus Slović, invloedrykes in Gauteng se georganiseerde misdaad. Ook in misdaadbaas Don Knox se kringe is daar roeringe. Is iemand besig om die grootkoppe in georganiseerde misdaad een vir een uit te haal, of is dit bloot die gevolg van hulle toenemende kompetisie met mekaar?

Fritz se aantekeninge wys op die moontlikheid dat iemand in wetstoepassing of regeringskringe betrokke is. Wanneer Slović se vriendin in die polisiestasie, onder sy wakende oog, vermoor word, wéét Fritz dat iemand in eie geledere betrokke moes wees.

Fritz is nie juis bekend vir sy subtiele aanslag nie. Nou moet hy met groot versigtigheid sy ondersoek doen en boonop met kolonel Shaun Davids van georganiseerde misdaad saamwerk. Die druk is hoog en die tyd min. Maar is dit alles die moeite werd – veral as Fritz bykans nooit meer by die huis is om sy vrou en dogter te sien nie?

Oor die skrywer

Peet Venter is in 1940 in Krugersdorp gebore, het op Louis Trichardt skoolgegaan en matriek aan Hoërskool Wonderboom in 1958 voltooi. Daarna het hy BMus en BSc studeer voordat hy verdere tegniese opleiding in landbou-ingenieurswese ontvang het. Venter woon in die Dinokeng-reservaat waar hy skryf, verf en homself met plaaswerk besig hou.

Prys: R270,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.