Boek: ‘Elle-reeks Omnibus 3’ – Christien Neser

Christien Neser

In Middernagklub, Pienk bikini en Strikdans is daar superhipermega avonture wat op Elle en haar pelle wag…

Witbaadjies. Dít is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nié op die Lys van Dertig te kom nie, is vir elkeen ʼn verskrikking in Middernagklub. Van uitslip en reëls breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hul laaste middernagfees. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog ʼn Gravitas-avontuur.

In Pienk bikini gee die woord matriek vir Elle ʼn knop in haar keel. As hoofmeisie gaan daar ʼn groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. En as Elle dit waag om ʼn voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem. Kort voor lank het Elle egter groter probleme toe ʼn verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverwags groot nuus word.

In Strikdans skop Elle se matriekjaar op ʼn aaklige noot af. Daar is skielik probleme tussen haar en Alex, haar kêrel. En Gravitas het ʼn nuwe waarnemende skoolhoof wat ʼn veer vir die skooltradisies voel. Elle probeer red wat te redde is – maar dit kan haar dalk haar hoofmeisiebalkie kos…

Oor die skrywer

Christien Neser is ʼn opgeleide spraakterapeut wat onder meer ʼn honneursgraad in Frans en ʼn meestersgraad in toegepaste linguistiek het. Neser en haar man, Thys, is in Parys, Frankryk, getroud, maar woon deesdae in Bryanston, en het drie kinders, Louise, Michael en Chris.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.