Boek: Elsabé Welman se ‘Ontfrommel’

Elsabé Welman

Luitenant Danny Sadler inisieer ʼn artikel in die koerant wat deur die bekende joernalis Zena Swart geskryf is. Die ontvoeringsaak kry momentum. Zena en polisiemaglede beland in die mag van die bose Pete Scony en sy slagysters. Kaptein Jannes Jonker, Spesiale Taakmagsoldaat, se hulp word ingeroep, maar sy planne boemerang so erg dat hy hom in ʼn psigiatriese jas bevind. Uiteindelik kry die polisie die oorhand, maar steeds voel niemand veilig nie. Scony herinner die geregsdienaars voortdurend daaraan dat hy nie van hulle vergeet het nie. Die feit dat familiebetrekkinge ontdek word, laat Scony nie afsien van sy vergeldingsplanne nie. Scony ontsnap uit die gevangenis. Hel breek los.

Ontfrommel kom uit die pen van Elsabé Welman en dit word deur Ns. Skrywershuis uitgegee.

Oor die skrywer

Welman het oor die jare tussen die platteland en die stad gewoon en nou skrop sy nes in die rustigheid van die Karoo. Sy het in 2014 heeltyds begin skryf en sedert 2021 volg sy ʼn voltydse skryfloopbaan. Vyf boeke en talle kortverhale het al uit haar pen gevloei. Twee van haar kortverhale is met pryse bekroon en drie van haar stories is in kortverhaalbundels opgeneem.

Ontfrommel kos R250 (prys onderworpe aan verandering) en lesers kan die boek aanlyn op Elsabé Welman se webwerf en by Graffiti Boeke koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elsabé ·

Dankie vir Ontfrommel se plasing, Christa en Maroela Media. Waardeer dit!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.