Boek: Esté Geldenhuys se ‘Ontmoet God in gebed’

Esté Geldenhuys

Wat is gebed, watter waarde vind ons daarin en hoe bid ʼn mens?

Dit is van die vrae wat Esté Geldenhuys in haar jongste boek, Ontmoet God in gebed, ondersoek.

Geldenhuys nooi lesers hiermee om saam met haar te ontdek wat dit behels om tyd in die teenwoordigheid van die Skepper deur te bring. Die uiteinde is om ʼn punt te bereik waar lesers bewus word van God se karakter, sy liefde en sy sorg vir ons as sy kinders.

In hierdie boek breek Geldenhuys die wêreld van gebed oop deur “God se karakter te ontgin, die DNS van gebed te ondersoek en verskeie getuienisse te plaas oor die grootheid en almag van die lewende God”.

“Mag die inhoud van hierdie boek vir elkeen wat dit lees ʼn nuwe verstaan bewerk van die karakter van ons Vader, die offer wat ons Verlosser gebring het en die wonderbare kontak en kommunikasie wat die Gees van Christus vir ons bied,” is haar boodskap aan elke persoon wat Ontmoet God in gebed optel en lees.

Oor die skrywer

Geldenhuys is ʼn bekende in Christelike mediakringe. Sy was vir 24 jaar ʼn aanbieder op Radio Kansel en het ook verskeie tydsgleuwe op die televisiekanaal Kruiskyk. Sy lei gereeld toere na Israel en Europa en sy tree dikwels voor vrouegehore op. Geldenhuys woon in Pretoria, is getroud met Kurt en hulle het vier kinders en ses kleinkinders.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R240,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.