Boek: Gunsteling-speurhond se verhale nou gebundel

Elizabeth Wasserman

Willem is oor die wêreld heen beroemd as speurhond. Maar ʼn paar jaar gelede het ʼn sending skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En van daardie dag af is Adriaan en Willem onskeibaar.

Hierdie omnibus bevat die eerste drie avonture: hulle reis na Istanbul, Parys en Londen, en dan is daar ʼn seerower-avontuur op ʼn passasierskip en die Bosveld-vakansie waarin hulle ʼn bende renosterstropers vastrap.

Oor die skrywer

Elizabeth Wasserman is ʼn patoloog in private praktyk en voorheen buitengewone professor in Geneeskundige Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is die skrywer van gewilde verhale soos die Speurhond Willem-, Dogtective William-, Anna Atoom-, en Elf dae-reekse. Wasserman woon saam met haar gesin in Welgedacht naby Kaapstad.

Ouderdom: Nege tot 12 jaar
Prys: R190,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.