Boek: ‘Hou die kruit droog’ – C Johan Bakkes

C Johan Bakkes

Hou die kruit droog bevat C Johan Bakkes se roerende, inspirerende en vreksnaakse Facebook-plasings gedurende die inperkingstyd, toe hy gereeld vir sy lesers gevra het om hul kruit droog te hou. Saam met foto’s uit sy albums en filosofiese, snaakse brokke uit sy vorige boeke word dit so persoonlik soos ’n kuier om ’n hardekoolvuur. Die kwasterige Bakkes tree in al sy grinterige glorie na vore.

Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale soos Moertoe die vreemde in (2001), Nou’s ons in ons donner in (2006), Norrevøk (2008) en Erfgeld is swerfgeld (2020).

Oor die skrywer

Casparus Johannes Bakkes is ʼn skrywer van veral reissketse. Hy is op 21 Oktober 1956 op Stellenbosch gebore as die oudste van vier kinders van die bekende skrywer Margaret Bakkes en die geskiedkundige dr. Casparus Marius Bakkes. Bakkes is ʼn rekenmeester en professor in toegepaste rekenmeesterskap aan die Universiteit van Wes-Kaapland, asook ʼn wêreldreisiger en toergids. Hy is met die kunstenaar Nanna Vorster-Bakkes getroud. Sy broer, Christiaan Bakkes, is ook ʼn skrywer.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by
Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.