Boek: In Christus – Van toeskouer tot spoortrapper

Callie Roos

Wat beteken dit om vandag ’n Christen te wees? Dit is lankal nie meer genoeg om bloot net Sondag ná Sondag ʼn erediens by te woon nie, sê die geestelike leier en oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur ’n lewe in Christus dat ons werklik God se krag in ons kan beleef.

Volgens Roos beleef die kerk vandag ’n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en ’n behoefte aan beheer. Christene moet ontsnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken.

’n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik ’n verskil maak. Wanneer Christus sigbaar word in die lewe van gewone Christen-mense, kan hierdie nuwe manier van glo ’n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp.

In Christus – Van toeskouer tot spoortrapper is ʼn boek wat wil inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap wil laat nadink.

Oor die skrywer

Roos is ’n fasiliteerder van strategiese en leierskapsdenke, sakevaardighede en spanprosesse. Hy het al werksessies en praatjies by meer as 200 maatskappye, waaronder AngloGold Ashanti, Exxaro en Anglo American Platinum aangebied.

Ná sy studies aan die Universiteit van Pretoria het Roos by die Weermag aangesluit waar hy onder meer ’n operateur by die Spesiale Magte (Recce’s) was en as kapelaan gedien het. In sy loopbaan het hy ook by die gemeentes Sonlandpark, Tempe, Voortrekkerhoogte-Wes, Eldoraigne en Pierre van Ryneveld in Pretoria bedieningswerk gedoen.

Genre: Godsdiens
Uitgewer: Delta Boeke
Prys: R220,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Jonathan Ball Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.