Boek: Irma Venter se ‘Die verkeerde vrou’

Irma Venter 

Liela Oloffson het alles wat die meeste mense begeer. Skoonheid, roem en ʼn blink loopbaan as aktrise. Maar dan verdwyn sy een Vrydagnag en die polisie moet die media se hulp inroep om haar te vind.

Gesoute misdaadjoernalis Ami Prinsloo volg Liela se spoor soos ʼn bloedhond van waar sy laas in Johannesburg gesien is, en selfs verder, tot by haar kinderdae. Kruip Liela weg of is sy gekaap? Of dalk ontvoer? En waaroor het sy en haar verloofde so hewig baklei net voor sy verdwyn het?  

Dit is in ʼn neutedop waaroor Irma Venter se jongste spanningsroman, Die verkeerde vrou, gaan. Dit volg op Minder as niks, die eerste boek in ʼn splinternuwe krimi-reeks uit Venter se pen, wat in 2021 verskyn het.

Oor die skrywer

Venter is ʼn bekroonde joernalis en woon in Kaapstad. Sy het in 2012 die Siemens Profile-prys vir haar skryfwerk oor wetenskap en tegnologie ontvang.

Venter het ook ʼn ATKV-Woordveertjie vir ʼn spanningsverhaal Skoenlapper (2012) gewen. Skoenlapper is die eerste boek in haar S-reeks. Die res van die reeks bestaan uit Skrapnel (2013), Sondebok (2014), Skarlaken (2015), Sirkus (2017), Sondag (2018) en Sewe-en-veertig (2019).

Sy is die eerste Suid-Afrikaanse skrywer wie se boeke internasionaal deur Amazon Crossing uitgegee is. Red Tide is haar vyfde titel wat in Engels vertaal word.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R310,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.