Boek: ‘Kersfees in April’ – Christien Neser

Christien Neser

Mieke se lewe by Mtwana Wildlife Rescue aan die oewer van die Limpopo is alles behalwe saai. Tussen haar pa as die plaas se veearts, Fen se ouma Maggi wat die lodge bestuur en haar eksentrieke oupa Bosjan se natuur- en lewenswysheid kry sy skaars kans om haar ma te mis. Maar soms, veral noudat sy in gr. 7 is en haar tannie Sylvie ver weg is in Amsterdam, raak die gemis groot.

Gelukkig was Fen nog altyd daar: Haar boetie wat sy self kon kies, wat van dag een af saam met haar op ʼn donkie skool toe ry.

In Mieke 1: Kersfees in April, die eerste boek in Christien Neser se jongste reeks, moet Mieke en Fen hulle geliefde plaasskool red wanneer die eienaars van die buur-jagplaas ʼn nuwe landingstrook reg bo-oor die skool beplan. Hulle moet boonop betyds genoeg kennis opdoen om die groot stadskole in die natuurkennis se eindronde te klop.

As Kersfees reeds in April kan kom, kan hulle plan dalk net werk!

Oor die skrywer

Christien Neser is ʼn spraakterapeut van Bryanston, Johannesburg.  Haar eerste boek, Kondensmelk het in 2009 by Lapa Uitgewers verskyn. Dit was die begin van die gewilde Elle-reeks. Jeugboeke wat by Tafelberg verskyn het, is Amper Einstein (2013) en Pienk is nie vir sissies nie (2017).

Prys: R170,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.