Boek: Kook saam met Sjef Sout, Prof. Pretzel

Marinda Engelbrecht

Marinda se kinderkombuis deur Marinda Engelbrecht is ʼn kleurvolle kookboek met ʼn kinkel. Benewens resepte is daar ʼn skatkis van wenke hoe kinders by kosmaak kan baat, asook hoe bak-en-brou die jongspan op ʼn prettige manier help met skoolvakke, lees en skryf. Leer saam met Sjef Sout om ʼn omelet te maak en die fraaiste kolwyntjies te versier. Dan is daar die eksperimente wat Prof. Pretzel demonstreer. Die kombuis word ʼn laboratorium wanneer hy wys hoe om ʼn kleureskouspel met melk en nog vele meer op te tower.

Oor die skrywer

Engelbrecht is by baie kinders en ouers bekend as “die tannie wat Vlooi op die verhoog gesit het”. Vlooi is die kinderteaterproduksie wat al langer as ʼn dekade groot vermaak aan jonk en oud verskaf. Engelbrecht is ʼn voorslag in die kombuis en hou nie van vaal kos nie, selfs afval moet met ʼn bietjie kleur voorgesit word. Sy is die aanbieder van die gewilde kosprogramme Maklik met Marinda en Laat die potte prut.

Prys: R260,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.