Boek: Kuier saam in professor Fungus se laboratorium

Jaco Jacobs

Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer ʼn blikbrein wat buite beheer is, maak kennis met ʼn klomp vreemde ruimtewesens, ontmoet ʼn skurk met ʼn nare breinspoel-plan, duik saam onderwater op soek na ʼn eienaardige seegedierte …  en veg saam teen ʼn weermag tuinkabouters!

Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek:

  1. Professor Fungus en die robotkrisis
  2. Professor Fungus en die jelliemonsters van Mars
  3. Professor Fungus en die BreinDrein-eksperiment
  4. Professor Fungus en die diepsee-dilemma
  5. Professor Fungus en die vreeslik gevaarlike tuinkabouter.

 Professor Fungus Omnibus 2 is deel van ʼn reeks vir intermediêre lesers met ʼn sterk fokus op wetenskap, humor en avontuur. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.

Oor die skrywer

Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde topverkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners. Onder Jaco se talle bekronings tel die Tienie Hollowaymedalje, die Alba Bouwerprys, die Elsabe Steenbergprys, die MML-letterkundeprys en 26 ATKV-Kinderboektoekennings. Jacobs woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy twee dogters, Mia en Emma, drie honde, ʼn kat en ʼn troetel-luislang.

Professor Fungus Omnibus 2 is deur Johann Strauss geïllustreer.

Prys: R225,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by
Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.