Boek: Loop lag-lag deur die Wetenskapklas

Maritha Snyman

Verveel jou gewone skoolhandboeke jou? Is jy nuuskierig en wonder hoe die wêreld rondom jou werk? Dan is dít net die boek vir jou.

Len, Lara en Leon is die nuuskierigste kinders op aarde. Hulle vra gedurig vrae en wonder hoekom dinge werk soos dit werk. Hulle doen eksperimente en leer baie oor lugdruk, swaartekrag en energie. Hulle doen dit lag-lag, want hulle kan nie help om mekaar poetse te bak soos hulle speel-speel slim word nie.

Loop lag-lag deur die Wetenskapklas bevat 27 getoorde resepte wat jou gaan laat lag terwyl jy leer. Dit is deur Maritha Snyman geskryf en deur Lapa Uitgewers, ʼn druknaam van Penguin Random House, uitgegee.

Oor die skrywer

Snyman word allerweë as een van die grootste kinderboekkenners in Afrikaans beskou, en sy het veral bekendheid verwerf danksy haar leserstudies op die gebied. Sy is die skrywer van topverkoper-kinderboeke soos die Liewe Lawwe Lagboek-reeks, ʼn Annerste ABC-boek vir aspatatte, en verskeie titels in die Reënboogrant-reeks.

Prys: R115,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.