Boek: Maak ʼn kopskuif in jou finansiële posisie

Riaan Botha

Wat is die geheim van “selfgemaakte” miljoenêrs, dié uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professionele sakelui of as salaristrekkers, selfs te midde van uitdagings en ná terugslae?

Riaan Botha, ’n onafhanklike finansiële adviseur, het oor jare heen ontdek dat sekere strategieë suksesvolle welvaartskepping aan die hand werk. Welvaartskeppers bevat 68 welvaartstrategieë asook suksesstories van ’n diverse groep gewone Suid-Afrikaners wat soms van voor af moes begin en wat steeds ’n uitdagende omgewing suksesvol kon navigeer.

Dié boek bied praktiese advies asook toerusting om oor elke strategie na te dink, jou eie finansiële posisie te verbeter en selfs, uiteindelik, inkomste vir ander te skep. Dit sal jou help om ’n kopskuif te maak en moontlikhede in ’n bitter moeilike ekonomiese klimaat te identifiseer. Die stories sal jou inspireer en ook help om die strategieë in jou daaglikse handel en wandel toe te pas.

Oor die skrywer

Botha het laat in sy loopbaan die suksesvolle Pretoriase familie-onderneming Bovest gestig. Hy het ’n doktorsgraad in politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en was ook by die grondwetlike onderhandelingsproses van die vroeë 1990’s betrokke. Sy twee seuns, PJ en Geo, ook by Bovest werksaam, deel ook hul insigte in die boek.

Prys: R215,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.