Boek: ‘ʼn Kans op vir altyd’ – Cecilia Nortje

Cecilia Nortjé

Vyf jaar ná haar egskeiding is Milan ʼn bedrywige sakevrou met ʼn vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome om die korporatiewe leer te klim. Jessica, Estie se ma, het 17 jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou ʼn gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of so wil dit voorkom. Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds ʼn houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie, en hoewel sy die seuns gereeld sien, is Estie se verwerping pynlik. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met ʼn eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in ʼn rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het. Die troues wat sy reël is ʼn poging om boete te doen. Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino’s een vir een kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, onkeerbaar geraak. Durf hulle ʼn kans op geluk, ʼn kans op vir altyd, waag?

Oor die skrywer

Cecilia Nortjé woon op ʼn plaas saam met haar gesin. In die week is sy ’n lektor by ʼn onderwys en opleiding- (VOO) kollege en naweke versin sy romanses. Sy raak opgewonde oor reën in die Bosveld, goeie kos, ’n kwinkslag wat met perfekte tydsberekening kwytgeraak word, en is ’n onversadigbare boekevraat. Sy is ’n regterbreinmens wat haar uitleef in tuinmaak, skryf en teken.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.