Boek: Oor Broeps die grotbaba

Broeps die grotbaba voel allenig en verveeld. Sy ma verf ure aaneen en sy pa jag pal vir kos vir die pot. Toe Broeps Mamma se verfkwas optel, is sy ouers smoorkwaad. Hulle dreig om hom te voer vir die groot, honger beer! Dan daag daar ʼn vriendelike mammoet op… en Broeps maak ʼn hele klomp nuwe vriende.

ʼn Heerlik ondeunde avontuurverhaal deur Julia Donaldson en Emily Gravett, twee van die wêreld se voorste skeppers van kinderboeke. Donaldson is die skrywer van Die Goorgomgaai wat wêreldwyd ʼn topverkoper is. Grotbaba is in Afrikaans vertaal deur Philip de Vos en is geskik vir kinders tussen nul en ses jaar.

Prys: R170,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.