Boek: Pharos-blokraaigids met antwoorde

Adri Burger

Pharos Blokraai-antwoorde is die vierde hersiene uitgawe van die gewilde naslaanbron vir liefhebbers van Afrikaanse blokraaisels, Moeggesoek. Die jongste uitgawe is bygewerk met plaaslike en internasionale feite oor verskeie kategorieë wat relevant vir blokraailiefhebbers is.

Dié gids is volgens sewe temas gerangskik: algemene kennis, Bybelkennis, geografie, die kunste, politiek, sport en skoonhede. Elke tema is verdeel in kleiner relevante kategorieë. Dit is in ’n handige formaat en gebruikersvriendelik.

So, as jy die naam van ’n vulkaan in Antartika, ’n sanger wat deel was van die Beatles, die vorige staatshoof van Viëtnam of een van die maangode wil weet, het jy die Pharos Blokraai-antwoorde nodig. Dit bevat al die antwoorde wat jy nodig het om jou Afrikaanse blokraaisel suksesvol te voltooi – ’n ideale geskenk!

Pharos Blokraai-antwoorde is reeds as ’n afsonderlike pakket op PharosAanlyn beskikbaar.

Prys: R295,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.