Boek: Slym se stories – omnibus

Slym-omnibus-HIGH-RES-002.jpgFanie Viljoen

Op ’n dag word ʼn wurm deur ’n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie! Hy skrik so groot dat hy ʼn bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val… by ʼn skool vir paddas.

Só begin ʼn hele reeks avonture by die paddaskool, waar Slym vir juffrou Plat Anna en die ander onderwysers leer ken, hope gawe paddamaats soos Paddavoet en Brulbekkie maak, en moet ligloop vir Giftand die slang en die skoolboelie, Padarotti.

Fanie Viljoen se Slym-reeks is nie verniet so gewild nie. Sedert die verskyning van die eerste Slym-boek in 2004 het dié oulike wurm en sy aanhangers al hope avonture saam beleef. Slym het die eerste wurm geword wat in ʼn paddakonsert gesing het, hy het ʼn draai by die gogga-sirkus gemaak, die paddakoning ontmoet en selfs op ’n towertapyt gery! Boonop het hy sommer twee ATKV-Woordveertjies ook ingepalm!

Vir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleur-omnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen. Al vier titels is hier:

  • Slym: Die wêreld se eerste wurm in ’n paddakonsert
  • Slym en die beker van geluk
  • Slym en die gogga-sirkus
  • Slym en die towertapyt

Van die enkeltitels in hierdie gewilde reeks het al meer as 24 000 kopieë verkoop.

Oor die outeur

Trefferboeke, soos die Slym-reeks, Klou,die Aksieheld Austin-reeks en die Nova-wetenskapfiksiereeks, het van Fanie Viljoen ʼn huishoudelike naam gemaak. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie, en hy het al ʼn rits ATKV-Woordveertjies vir sy skryfwerk en illustrasies ingepalm.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae