Twee treindrywers is Woensdag aangeval en hul lokomotiewe is met klippe bestook deur ontstoke pendelaars by Koedoespoort-stasie in Pretoria.
Lees meerAlles vir Woensdag 21 Februarie 2018
Numsa sal lede by konstitusionele hof beskerm
Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het Woensdag gesê hy sal Donderdag na die konstitusionele hof gaan om die regte van tydelike en kontrakwerkers te beskerm wat deur arbeidsmakelaars mishandel word.
Begroting: Gigaba sê oor kernkrag, NGV en droogte
Malusi Gigaba, minister van finansies, het Woensdag ook die regering se begrotingsplanne bekend gemaak wat kernkrag, Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) en droogtehulp betref.
Rugbyjaarboek nou wyd te koop
Die 47ste uitgawe (2018) van die SA Rugby Annual, met die rugbyspeler van die jaar, Malcolm Marx, op die voorblad, is van Woensdag af aanlyn en in toonaangewende boekwinkels landwyd te koop.
Klagtes teen mynminister ondersoek
Die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne het Woensdag gesê hy sal ʼn ondersoek van stapel stuur oor bewerings teen Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne.
Reaksie op Gigaba se begrotingsrede
Malusi Gigaba, minister van finansies, het Woensdag sy begrotingsrede gelewer. Verskeie partye en organisasies het hierop reageer.
Aanval op Oos-Kaapse polisie ʼn ‘nasionale tragedie’
“Die moord op ses polisiebeamptes van Ngcobo-stasie buite Queenstown in die Oos-Kaap moet as ʼn nasionale tragedie beskou word.”
ToekomsVenster: Die tweede tiende
Here, met my offer sê ek dankie vir al die goeie gawes wat ek van U ontvang. Help my asseblief om gehoorsaam te wees aan U stem wanneer U met my praat oor my offers.
Vermiste reddingshond ongedeerd gevind
Konst. Songezile Katikati, haar hanteerder, was in trane van blydskap.
Trok hang van brug: Twee dood
Twee mense is dood en nog drie beseer nadat ʼn vragmotor Woensdagoggend gedeeltelik afgery het van ʼn brug op die R37 in Lebowakgomo in Limpopo.
Ontvoerde kinders se lyke dalk gevind
“Die ondersoek duur voort aangesien die polisie vermoed dat die verdagte hierdie bose dade nie alleen uitgevoer het nie.”
Melkrivier-plaasaanval: Wildboer dalk volgende week geopereer
Te danke aan ruim skenkings vanaf die publiek en hulp van private instellings kon Berdus Henrico (39), wat voorverlede week drie keer tydens ʼn plaasaanval in Limpopo geskiet en vir die dood agtergelaat is, nog toetse ondergaan en die nodige behandeling ontvang in die lang pad na sy herstel.
Chaotiese begin vir begrotingsrede; droewige prentjie geskets
Dit was ‘n moeilike begrotingsrede deur ‘n minister van finansies wat duidelik in die knyp is en waarskynlik nie lank in sy pos gaan oorleef nie.
Die wêreld in foto’s – 21 Februarie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Twee vas ná veiligheidswag se skietdood
Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn veiligheidswag Woensdagoggend naby ʼn winkelsentrum in Johannesburg geskiet is en later in die hospitaal aan sy wonde beswyk het.
Beheerliggame ’n sleutelaspek in moedertaalonderrig
“‘n Skool se taalbeleid is maar een rede hoekom ouers en kinders ’n bepaalde skool verkies. Die deurslaggewende faktor is eerder gehalte-onderrig.”
Koste van data sal vanjaar verminder, sê minister
“Die digitale ekonomie sal ʼn belangrike dryfkrag agter die vierde industriële revolusie wees. Dit sal dus die regering se prioriteit wees om die koste van data vanjaar af te bring.”
Kommer oor veiligheid in Wes-Kaap reservate
Net in die Kaapse metropolitaanse gebied het daar verskeie misdaadvoorvalle plaasgevind, insluitend nege stappers wat in die berge bokant Kalkbaai (in die Silwermyn-natuurreservaat) aangeval is, ʼn man wat op die berg by Muizenberg vermoor is en ʼn gesin wat aangeval is terwyl hulle op Noordhoek-strand gestap het.
Dokumentêr: Hoe Trump Amerika gewen het
Die reeks lig die sluier oor die gebeure voor die presidensiële verkiesing en bring aan die lig wat agter die skerms gebeur het op die kandidate se individuele veldtogte.
Begroting: Só word jou sak geraak
Malusi Gigaba, minister van finansies, het Woensdag tydens sy begrotingsrede aangekondig dat Suid-Afrikaners vir die eerste keer sedert 1993 meer belasting op toegevoegde waarde (BTW) gaan betaal.